Zero Waste Op die pad

Standard

Vir my is dit deesdae baie eenvoudig om my hoeveelheid rommel by die huis te verminder. My sisteme is in plek, ek weet waar ek wat sonder verpakking kan kry, die mense by Food Lover’s ken my al en ons eet meestal by die huis. Maar omdat my man ‘n musikant is, en ons baie saam met hom toer, is ons vreeslik baie op die pad. Ons is meer weg van die huis af, as wat ons by die huis is, en wanneer mens op die pad is, is rommelbeheer egter nie so eenvoudig nie.

Kort ná ons hierdie pad na ‘n minder rommel begin het, het ons vir omtrent ‘n maand getoer. Alles het baie goed begin, maar ek was net nie voorbereid genoeg nie, en ek het op die ou einde baie ge’compromise’.

Verlede maand het ek en my gesin weer vertrek om ‘n maand op die pad te spandeer. Hierdie keer nie net vir werk nie maar ook vir vakansie, en het ons plekke soos die Kagga-Kamma en Tankwa Nasionale Park besoek. Met ander woorde: plekke wat nie herwinnings fasiliteite het nie. Ons het ook ‘n week in die kaap spandeer, in Stellenbosch en Gordon’s baai, en het baie uitgeëet. Ek is egter baie trots om te sê dat ons hierdie keer vêr teen die rommel gewen het.

By elke chalet of woonstel waar ons gebly het, was ons asblik leeg toe ons vertrek het. Ons het alles herwin, of gekomposteer en dit wat wel weggegooi moes word, het ons saam gery omdat dit so min was, dat ons nie ‘n groot asbliksak wou mors nie. Ons rommel na 3 weke het in ‘n A4 ziplock sakkie gepas. Ek het dit huis toe gebring, en gaan ‘n eco-brick daarvan maak.

Hier is wat ons nou saam met ons neem wanneer ons wiele rol:

Continue reading

Advertisements

Wanneer dinge vuil raak

Standard

Die lewe is lekker. En soos ons lekker lewe, maak ons lekker vuil. Vuil klere na ‘n lang dag van: oefen, werk, natuur en lewe saam met ons geliefdes. ‘n Aand van lekker eet met vriende by ons huis, maak lekker baie vuil skottelgoed. Badkamers en vloere en kombuise word vuil geleef. Kinders (nie net gekke en dwase) krap op mure en tafels. Dis lekker. Maar dit moet skoongemaak word, en dít is nie altyd so lekker, of goedkoop nie. Of is dit?

Ek besef al hoe meer hoe die media en samelewing ons om die bos ly. Mens het deesdae 100 verskillende skoonmaakmiddels vir die 100 verskillende dele van jou huis nodig. Goed vir jou vloer, goed vir jou bad, goed vir jou stort, goed vir jou kombuis, goed vir jou badkamer, vir jou vensters, jou skottelgoed, jou wasgoed ens. Behalwe dat mens naderhand nie meer plek het om alles te bêre nie, bevat baie van hierdie skoonmaakmiddels chemikalië wat baie sleg is vir die natuur , en so ook baie sleg is vir ons wanneer ons dit in ons huise gebruik.

Maar kry jy nou nie iets skoon met hierdie 100 verskillende middels nie, dan google jy: “How to clean pen marks from your walls”, en die antwoord is omtrent 100% van die tyd ‘n basiese ding, soos koeksoda, wat jy in elk geval in jou huis het.

Ek het tot die ontnugtering gekom, dat mens ‘n paar basiese, alledaagse goed nodig het om al die 100 plekke in jou huis skoon te maak:

Continue reading

Ons Plastiekvrye Julie

Standard

Dit is Julie. Vir ons gesin, was Julie 2017 nie sommer dieselfde as elke ander jaar nie. Dit was ‘Plastic Free July’.  Wat beteken dat ons ‘n ‘eed’ af gelê het om geen ‘single use’ plastiek te gebruik tydens die maand van Julie nie. Ons is nou al van Januarie af besig op hierdie pad na ‘Zero Waste’. Omdat ons baie op die toer, is dit veral ‘n uitdagende taak! Maar dit was so goed vir ons, omdat dit ons forseer het om te beplan, en nee te sê, en regtig te dink voordat ons sommer net iets gekoop het. Ons het dit nie noodwendig 100% reg gekry nie. Maar 99% meer as Mei en Junie. Ek kan my oortreedinge op een hand tel.

Die probleem met plastiek is die volgende: Ja jy kan dit herwin (nie alle plastiek nie), maar wanneer dit een keer herwin word. word dit dalk weer plastiek en kan dálk weer herwin word, indien nie word dit verander in polyester, waarvan baie klere gemaak word, maar polyester is nie herwinbaar nie. Dus is die enigste eindbestemming van plastiek, die ashoop. Of dit nou herwin word of nie.

Die zero waste pad is baie makliker as wat ek aanvanklik gedink het, en met ‘n bietjie beplanning en voorbereiding het ons hierdie maand vêr gekom. Wanneer ons iewers heen ry, of dit net vinnig dorp toe is (ons bly op ‘n plaas 20km van die naaste dorp), en of ons vir 3 weke weg gaan, pak ons die volgende in:

  • Twee vlekvryestaal strooitjies (met ‘n strooitjie skoonmaker)
  • Twee vurke, messe, en teelepels
  • ‘n Paar lap servette
  • Een of twee glas bottels
  • ‘n Waterbottel, vol water
  • ‘n Kosblik
  • ‘n Vadoek
  • Katoen/ ander herbruikbare inkopiesakke
  • Twee herbruikbare koffiekoppies (ons s’n is van ecosoulife en is bioafbreekbaar)
  • ‘n Paar klein tuisgemaakte lap sakkies.
  • ‘n lappie en spuitbotteltjie met water.

photo_2017-07-21_16-39-11

Continue reading

Rye and Date (zero sugar) Rusks

Standard

I love food. I love cooking. I love baking. Most of all, I love eating, and I think my favourite thing in the world is a rusk. A rusk is a very South African thing. A dry, ugly, high fibre, fattening carb, that I simply will never be able to live without. A rusk is dipped in your (usually morning) coffee or tea, and soaked for a few seconds until just soft enough to bite off easily, but not mushy.

I start panicking when I see that my rusks are running low.

When we decided to stop eating sugar, I was a little devastated. Not because of the chocolate, ice cream or milkshakes that I would be going without, but because of my rusks. My morning companion, helping me enter the day with a cup of freshly brewed coffee. I literally wake up thinking about rusks (sometimes).  But then I met someone who bakes sugar free rusks, without artificial sweetener: with dates! Duh!? Dates are like the sweetest and tastiest thing on earth, after rusks.

img_5921

So I put a few recipes together and came up with this one. I use stone ground rye flour because I believe it’s healthier. It’s obviously not gluten free. But I feel good eating, and therefore using, rye. I’m sure you could substitute it with gluten free flour.

img_5905

Here is the recipe:

Continue reading

Dood van die Onskuldiges

Standard
 Bloedkolson rol oor die rand

Karoovlakwind sny koud
Blikkeëls roep: Onskuldig! Onskuldig!
Laksman wag by die sout

Veroordeelde kom op die wa
Daar’s geen gespot of gespoeg
Hangoortjies kopwip oor die klip
Bene vas maar daar’s geen gewroeg

Lemmetjie skerp op stompe klip
Japieskapiehond is lus
Bloedspoorpote met watermond
Gevoniste: Onbewus

Dan snel skerp lem deur woltaai vel
Voetjies spartel en skop
Bloed roggel en spuit en drup
Liggaam verwyder van kop

Velletjie van bossieskaap geskil
Blaas gaan na die hond
Drolletjies uit vetderm geryg
Grassies sit nog in die mond

Die dood van langstert-skapie-mê:
Vir vleisies vet en rooi
Wat wynvlektande deur kan byt
Beentjies vir woef gegooi

***

Die grootlewergans
Die afkeelskaap
Servet op die skoot,
Voor my sagte Fois Gras

Die afkophoender
Die penkop bees
“Ek wil nie weet nie,
Ek wil net eet.”

You complain. I complain.

Standard
How terrible.  You’ve got the flu. You’re having a bad hair day.  Feeling a little over weight? Your printer is out of ink.  You’ve lost your pen, once again.  You were so extremely tired at work today.  Oh my, what terrible weather, it sure is chilly.  Your nose is too big? You don’t like your legs.  You can’t afford to buy food at Woolworths. The power is out.   You’re not going to have water for a few hours.  You have to get up so very early for work in the morning.  The trip between your front door and the car so very cold and awful. You’re out of milk.  DSTV isn’t working? Petrol is going up.  You spend a fortune on those lazy car guards every month. Oh no, a rainy day.  Medical aid rates ar so high. Things didn’t go as planned. You overslept. You feel nauseous, ate too much? Your yoghurt is sour. Your bread is stale. You can only buy one CD, one jacket, one pair of jeans, one pair of sunglasses this month. How very terrible. 

You complain.  I complain. Every day. With our heaters and our beautiful fire places.  Our electrical blankets. Our running hot water and electricity. Our medical aids. Our pension. Our cars. Our houses. Our food filled fridges.  Our money filled bank accounts. Our love filled homes.

We forget. We forget about the man in Ward 16.  The man who hasn’t been washed for a week, his vile stench nauseating to him.  The screaming pleading pain stricken man who receives no help because no body cares.  The man with fly covered legs, too weak to swat them away.   The man dying of TB of Aids who waits at the hospital for 4 hours only to hear that he is waiting in the wrong place.  The mother who’s baby has lost his nose and has a hole in his palate from the unstoppable necrosis that has destroyed his once beautiful little face. The clever little girl who has been burnt all over her face and body, her dreams along with it. The man sleeping on the side walk.  The lady who has an annual income of R3000. The man who has lived a full and wonderful life, 88 years old, who dies. In ward 16. 

You complain. I complain.  How terrible. 

Unglove your Love

Standard
21 May 2011
Don’t get me wrong.  I am for infection control. I am for the prevention of spreading contagious diseases.  The gloves I am referring to are the one’s that cover your heart, your love.

 I am for love.
I am a speech-therapist. In Soweto. In Africa. In a public hospital. Yes, we have electricity. Yes, we have running water. Yes, we have lights. But for most of these patients: patient x, patient y, the lights remain switched off. I have been inspired by this dark place. Where light does not come from a bulb in the roof, but from a smile, a warm hand, a gesture, a tear, a dedication, a difference. 

I have been writing for a while now.  Scribbling my feelings and frustrations on cheap pieces of recycled paper in a book no one reads but me.  I want to share them.  You may agree or not. You may be offended or not.  You may like what I write or not.  You may feel depressed or not. The purpose of this blog is not to depress but to inspire. 

The purpose of this blog is to unglove love.  

I am for infection control. I am for love. Say no to gloves.