Verlos ons

Standard

En hulle vra. Verlos ons. Verlos ons van die bose. Verlos ons van die Egiptenare wat ons besit. Hulle stap ‘n veertigjarige woestyn. Hulle vat hulle goed en hulle trek.

Hulle sê. Verlos ons. Verlos ons van die bose. Verlos ons van die katolieke. Van hier waar ons nie vry kan wees nie. Hulle sit hulle kinders op skepe en bid asseblief tog Vader God bewaar hulle. Hulle vat hulle goed en hulle trek.

En hulle smeek. Verlos ons. Verlos ons van die bose. Verlos ons van hierdie Engelse. Van hierdie onrus en ballingskap. En hulle laai hulle ossewaens vol vrouens en kinders, ketels en kanne. Hulle vat hulle goed en hulle trek.

En hulle skree. Verlos ons. Verlos ons van die bose. Verlos ons van die geweld van die ISIS demoon. Van hulle wat ons land en ons kinders onthoof. Hulle klim met babas op bootjies oor oseane. Hulle vat hulle goed en hulle trek.

En hulle pleit. Verlos ons. Verlos ons van die bose. Van Mogabe en sy self. Van hierdie honger slaap aand na aand na aand. Hulle swem deur krokodilwater. Hulle vat hulle goed en hulle trek.

Vader. Abba. Alla. Krishna. Thor.
Verlos ons. Verlos ons van die bose.
Van die armoede. Die oorlog. Die hongersnood.
Die oneindige stank van dood.
Van vrees. Van die ewige lyding in die vlees. Verlos ons van die siekte sonder genees. Van hulle wat haat en moor.
Van hulle wat niks wil hoor.

En hulle vat hulle goed en hulle trek.
Oor en oor en oor.

Advertisements

Om Hier te Wees

Standard

Ek besef kultuur bepaal tot ‘n baie groot mate (al wil ek dit nie glo nie) wie ons is, en hoe ons dink oor die wêreld.  Ek het onlangs ‘n lesing geluister oor hoe kultuur so ‘n groot invloed op ons manier van dink het. Ek het dit nooit besef nie. Die vrou wat die lesing aangebied het het genoem dat sommige kulture, veral in Afrika, nie so erg bekommer oor die toekoms nie, dat hul fokus op nou en vandag. Al irriteer hierdie manier van dink my soms so, is dit waarna ek soms die meeste verlang…

Continue reading

Groen Studente

Standard

Ek voel al lank lus vir ‘n lekker positiewe storie. ‘n Storie wat inspireer eerder as vermaan (jammer). En hier vind ek dit toe onder my neus.

My sussie, Anza, is nou 3de jaar op Universiteit. Sy studeer Spraak-Taal Terapie by die Universiteit van Pretoria en gaan tuis in Huis Magrietjie (die pienk koshuis), waar ek ook agt jaar gelede gewoon het. Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag.

Huis Magrietjie se koshuiskamers werk bietjie anders as die tipiese lang gang met kamers en ‘n gedeelde badkamer op die punt. Die koshuis bestaan uit klein woonstelle met 5 of 6 kamers elk, en elk ‘n klein kombuisie, sitkamertjie en badkamer. Elke groep studente wat in ‘n woonstel bly besluit dus hoe dit daar werk. En hierdie groep studente, waarmee my sussie ‘n woonstel deel (mens noem hul flat mates), het nie net besluit wie moet wanneer skottlegoed was nie. Hulle het hulle verantwoordelikheid na ‘n volgende groen vlak (pardon the pun) geneem:

Continue reading