Groen Studente

Standard

Ek voel al lank lus vir ‘n lekker positiewe storie. ‘n Storie wat inspireer eerder as vermaan (jammer). En hier vind ek dit toe onder my neus.

My sussie, Anza, is nou 3de jaar op Universiteit. Sy studeer Spraak-Taal Terapie by die Universiteit van Pretoria en gaan tuis in Huis Magrietjie (die pienk koshuis), waar ek ook agt jaar gelede gewoon het. Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag.

Huis Magrietjie se koshuiskamers werk bietjie anders as die tipiese lang gang met kamers en ‘n gedeelde badkamer op die punt. Die koshuis bestaan uit klein woonstelle met 5 of 6 kamers elk, en elk ‘n klein kombuisie, sitkamertjie en badkamer. Elke groep studente wat in ‘n woonstel bly besluit dus hoe dit daar werk. En hierdie groep studente, waarmee my sussie ‘n woonstel deel (mens noem hul flat mates), het nie net besluit wie moet wanneer skottlegoed was nie. Hulle het hulle verantwoordelikheid na ‘n volgende groen vlak (pardon the pun) geneem:

Herwinning:

‘n Mandjie waarin hul al hul herwinbare afval gooi. Die koshuis het herwinningsfasiliteite in die voorportaal, en iemand vat dit dan elke nou en dan af en verdeel dit dan volgens die verskillende soorte afval (plastiek, glas, blik ens.).

 

Kompos:

Ja, hulle komposteer in hulle woonstel op die 10de vloer sonder ‘n tuin! Hulle het ‘n groot lugdigte houer waarin hulle al hul organiese afval gooi. Een van hulle neem die houer dan elke naweek huistoe en voeg dit by hul kompossisteem by die huis.

whatsapp-image-2017-09-04-at-16-40-081.jpeg

 

Eco-brick:

Vir die res van die droë afval, wat nie herwinbaar of komposteerbaar is nie, gebruik hul ‘n eco-brick sisteem. Lees meer daaroor hier. Basies druk jy die afval in ‘n 2liter bottel met ‘n stok sodat dit baie styf saamgepars is. Daar is dan mense wat die bottels insamel en dit word gebruik as bakstene om b.v. skole te bou. Dit is nie ‘n langtermyn oplossing nie, maar dit plak ‘n wonderlike groot pleister op die afval probleem en dien die gemeenskap.

WhatsApp Image 2017-09-04 at 16.40.09(1)

 

Niemand het meer ‘n verskoning om nie hul afval minder te maak nie.

 

 

 

Advertisements

2 thoughts on “Groen Studente

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s