Zero Waste Op die pad

Standard

Vir my is dit deesdae baie eenvoudig om my hoeveelheid rommel by die huis te verminder. My sisteme is in plek, ek weet waar ek wat sonder verpakking kan kry, die mense by Food Lover’s ken my al en ons eet meestal by die huis. Maar omdat my man ‘n musikant is, en ons baie saam met hom toer, is ons vreeslik baie op die pad. Ons is meer weg van die huis af, as wat ons by die huis is, en wanneer mens op die pad is, is rommelbeheer egter nie so eenvoudig nie.

Kort ná ons hierdie pad na ‘n minder rommel begin het, het ons vir omtrent ‘n maand getoer. Alles het baie goed begin, maar ek was net nie voorbereid genoeg nie, en ek het op die ou einde baie ge’compromise’.

Verlede maand het ek en my gesin weer vertrek om ‘n maand op die pad te spandeer. Hierdie keer nie net vir werk nie maar ook vir vakansie, en het ons plekke soos die Kagga-Kamma en Tankwa Nasionale Park besoek. Met ander woorde: plekke wat nie herwinnings fasiliteite het nie. Ons het ook ‘n week in die kaap spandeer, in Stellenbosch en Gordon’s baai, en het baie uitgeëet. Ek is egter baie trots om te sê dat ons hierdie keer vêr teen die rommel gewen het.

By elke chalet of woonstel waar ons gebly het, was ons asblik leeg toe ons vertrek het. Ons het alles herwin, of gekomposteer en dit wat wel weggegooi moes word, het ons saam gery omdat dit so min was, dat ons nie ‘n groot asbliksak wou mors nie. Ons rommel na 3 weke het in ‘n A4 ziplock sakkie gepas. Ek het dit huis toe gebring, en gaan ‘n eco-brick daarvan maak.

Hier is wat ons nou saam met ons neem wanneer ons wiele rol:

‘n Herwinningssak:

Ja, ons ry ons herwinning saam met ons. As mens dit mooi uitspoel en ‘squash’ voor jy dit in die sak gooi, neem dit baie min plek in die kar op en stink dit glad nie. Ons ry dit saam tot ons ‘n herwinningspunt vind. Ek het sommer ‘n gaas wasgoedsak by dischem gekoop. Hierdie keer het ons dit vir ‘n week saam gery voor ons dit in Stellenbosch herwin het. Een van die plekke waar ons gebly het in Jonkershoek, Kieriekwaak, verskaf ‘n herwinningsasblik en moedig mense aan om te herwin.

photo_2017-09-12_19-55-21

 

‘n Komposblikkie:

Ek het neem ‘n plastiek emmertjie wat dig seël saam. Ons gooi dan al ons organiese afval en bene daarin. Wanneer die emmertjie vol is, vind ek ‘n stuk grond in die natuur en grou ‘n gat ‘n gat waarin ek dit dan gooi en mooi toemaak. Ons het oorskiet kos vir mense gegee as ons dit nie kon benut nie. Kieriewkaak het ook kompos fasiliteite, en ek kon my kompos sommer by hulle s’n gooi.

photo_2017-09-12_19-55-23

‘n 20l Waterkan:

Ek het ons waterkan by Outdoor Warehouse gekoop. Hy was R340. Dit is ‘n water veilige jerry kan. Ons het water van die huis af saamgery, en vol gemaak waar ons skoon water kon kry. Ons het dus nooit nodig gehad om water te koop nie!

photo_2017-09-12_19-55-16

My Zero Waste sak met:

  • Koffie koppies
  • Glas houers (vir smoothies en oorskiet wanneer ons uitgeëet het)
  • Strooitjies
  • Lap sakkies en inkopie sakke (vir inkopies)
  • Lappies en vadoeke + ‘n spuitbottel met water om wetwipes te vermy
  • Kosblikke vir wegneem etes
  • Waterbottels

 

Ons het maar net dieselfde beginsels gevolg as wat ons by die huis volg, in hierdie volgorde:

  1. Refuse
  2. Reduse
  3. Reuse
  4. Recycle
  5. Rot

Die begin is altyd om verpakking te vermy, sodat jy minder het om oor te bekommer en te sorteer. Ons het plastiek sakke en strooitjies geweier en het altyd ‘n bakkie gehad vir ingeval daar kos oorgebly het wanneer ons uitgeëet het. Ek het mooier probeer beplan in terme van kos, en nie klomp kosse gekoop wat sou vermors nie. Ons het egter meer in plastiek gekoop as wat ek sou wou. Ek het verpakking wat weer gebruik kon word, soos ziplock sakkies en bakkies gewas en weer gebruik. Ons het herwin en gekomposteer.

Dit was so maklik. En toe ons toer afsluit in die droë kaap, het ek net weer besef hoekom ons doen wat ons doen. Aardverwarming is nie ‘n mite nie. Dis ‘n groot werklikheid, en ons sien dit reg oor die wêreld, b.v met die groot storms wat tans in Amerika amok saai. Die kaapse droogte is maar net nog ‘n nagevolg omdat hul frontale reën sisteme daardeur beïnvloed word. En hier sit ek in Johannesburg in September en dis 32 grade buite. Dis tyd vir verandering. Ek wil begin deur die verandering te wees wat ek wil sien.

photo_2017-09-12_19-55-36

‘n Herwinningsspan in Langstraat, Kaapstad, laai die besighede se herwinning op.

photo_2017-09-12_19-55-38

Die ashoop by Bloemfontein langs die N1 is al goed sigbaar van die pad af, en die rommel waai die wêreld vol.

 

Advertisements

3 thoughts on “Zero Waste Op die pad

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s