Wanneer dinge vuil raak

Standard

Die lewe is lekker. En soos ons lekker lewe, maak ons lekker vuil. Vuil klere na ‘n lang dag van: oefen, werk, natuur en lewe saam met ons geliefdes. ‘n Aand van lekker eet met vriende by ons huis, maak lekker baie vuil skottelgoed. Badkamers en vloere en kombuise word vuil geleef. Kinders (nie net gekke en dwase) krap op mure en tafels. Dis lekker. Maar dit moet skoongemaak word, en dít is nie altyd so lekker, of goedkoop nie. Of is dit?

Ek besef al hoe meer hoe die media en samelewing ons om die bos ly. Mens het deesdae 100 verskillende skoonmaakmiddels vir die 100 verskillende dele van jou huis nodig. Goed vir jou vloer, goed vir jou bad, goed vir jou stort, goed vir jou kombuis, goed vir jou badkamer, vir jou vensters, jou skottelgoed, jou wasgoed ens. Behalwe dat mens naderhand nie meer plek het om alles te bêre nie, bevat baie van hierdie skoonmaakmiddels chemikalië wat baie sleg is vir die natuur , en so ook baie sleg is vir ons wanneer ons dit in ons huise gebruik.

Maar kry jy nou nie iets skoon met hierdie 100 verskillende middels nie, dan google jy: “How to clean pen marks from your walls”, en die antwoord is omtrent 100% van die tyd ‘n basiese ding, soos koeksoda, wat jy in elk geval in jou huis het.

Ek het tot die ontnugtering gekom, dat mens ‘n paar basiese, alledaagse goed nodig het om al die 100 plekke in jou huis skoon te maak:

  • Koeksoda
  • Asyn
  • Wassoda (Washing soda of Soda Ash) – by die swembadafdeling
  • Boerseep
  • Citric Acid
  • Sout
  • Essentiële olies: ek gebruik laventel, suurlemoen, lemon grass en tea tree

Vir Wasgoedseep maak ek die volgende aan:

3 l warm water

1/2 koppie wassoda

1/2 koppie gerasperde boerseep

20 druppels laventel olie

Ek gooi alles saam in ‘n ‘blender’ sodat die seep kan bind met die water en nie bo-op dryf nie. Wanneer alles goed gemeng is gooi ek dit in ‘n ou omo liquid bottel (Ek maak gewoonlik net 1.5l op ‘n slag) en gebruik dan ‘n doppie per bondel. (Ek het uitgewerk dat 1.5l my R10 kos. Ha!!” Vir versagter gebruik ek asyn.

Vir skottelgoedwasserseep:

4 koppies wassoda

1 koppie sout

1koppie citric acid

15 druppels lemon grass

Ek meng alles, en daar het ek ‘n goedkoop, effektiewe skottelgoedwasserseep teen ‘n fraksie van die prys (R30.30 vir R1.3kg). Ek gebruik ook skoon asyn in plaas van rinse aid. Mens het nooit weer daai eier reuk in jou skottlegoedwasser na ontbytskottelgoed nie.

Vir ‘n algemene skoonmaakmiddel meng ek asyn en water: 1:4. Ek gooi dan 15 tot 20 suurlemoenolie druppels daarin. Dit gebruik ek dan orals in die huis: vloere, kombuis, vensters, storte, bad, selfs in die toilet. Dit ruik aanvanklik bietjie na asyn maar verdamp vinnig en is ‘n reuk neutraliseerder. Veral vir urine! Ek sit dit sommer spuitbottels, en hou een in die kombuis, en een in die badkamer.

In plaas van ‘Jik’ of ‘Domestos’ in die toilet gebruik ek die algemene skoonmaakmiddel, en ‘toiletpoeier’:

Vir die toiletpoeier:

1koppie koeksoda

20 druppels tea tree olie

Tea tree olie is antiviraal en antibakteriëel. Ek sit dit in ‘n groot shaker (ek het sommer ‘n glasbottel gevat en gaatjies in sy deksel gemaak) en gooi ‘n lagie in die bak van die toilet, dan spuit ek die algmene skoonmaakmiddel ook in die bak. Ek los dit vir ‘n paar minute, skrop dit met die toiletborsel, en spoel.

Ek het nog nie op ‘n 100% natuurlike skottelgoedseep (sunlight) afgekom, wat vir my gewerk het nie. Daar is ‘n wonderlike plantbasis seep: Castile seep, wat mens van jou vel tot jou skottlegoed kan gebruik. Maar dit het vir my ‘n olierigge lagie op my skottelgoed gelos. So op die oomblik meng ek sunlightseep (wat ek in ‘n 5l bottel koop) 1:1 met asyn. Dit skuim nogsteeds baie lekker, en is baie effektief. My kombuislappies raak ook nie meer so grillerig nie. Asyn is ‘n wondermiddel.

Ek het ook besef dat die sponsies wat ek gebruik om skottelgoed te was, en elke week vervang, ook van plastiek gemaak is, (en eintlik nogals grillerig raak). Daar is deesdae allerhande weggooibare enkelgebruik goetertjies om jou huis mee skoon te maak, soos antiseptiese wetwipes (oh my word!?).

Ek gebruik die volgende ‘gereedskap’:

Skottelgoed:

  • ‘n Houtborseltjie van Full Circle wat ek by Woolworths gekoop het. Myne hou nou al 6 maande! Ek was hom natuurlik gereeld. Wanneer die borseltjie regtig ‘klaar’ is, kan ek dit komposteer.
  • ‘n Skroplappie wat ek sommer self gehekel het. Maar ‘n gewone katoenlappie werk net so goed! (100% katoen is ook komposteerbaar). Ek gebruik dit eers elders in die huis wanneer dit deurgebruik is b.v. vir ‘n vloerlap.
  • ‘n Staalskuurdertjie (Ek het 3 in plastiekverpakking gekoop, maar 1 hou my 6 maande). Mens kan dit herwin.
  • ‘n Bottelborsel. Ek kon nie ‘n hout een vind nie, so ek het toe maar ‘n plastiek een gekoop. Ek het intussen ‘n hout een gevind van Redecker, hulle is te koop by Wetherleys. Wanneer myne opgebruik is sal ek hom vervang met so hout een.
  • ‘n Ou tandeborsel. Ek het hom natuurlik gesteriliseer, maar hy werk wonderlik vir al daai klein gaatjies waar jy nie met ‘n lap kan bykom nie.

IMG_6316

Badkamer:

  • Katoenlappe
  • Toiletborsel
  • Hout Skropborsel (Daai wat hulle by die skoenpolitoer-afdeling verkoop werk lekker).
  • Rubberskraper: Dit het ons by die Europeërs geleer. Die persoon wat laaste stort is verantwoordelik om die stort af te skraap, dit verhoed dat daai seep druppeltjies op die glas agterbly en hou dit baie langer skoon!
  • Spuitbottel: Ek hergebruik op die oomblik ‘n ou windowcleaner bottel, wat nog werk. Maar as hy ingee sal ek dit vervang met die metaalspuitbottels wat by Dischem te koop is. Hulle is glad nie duur nie. Mens kan hulle herwin (die spuit gedeelte is egter plastiek).

IMG_6320

Wasgoed:

  • Ek het op die oomblik nog baie plastiek wasgoedpennetjies, maar wanneer ek dit moet vervang sal ek dit met houtpennetjies vervang, wat ek dan kan komposteer.

Die badkamerafdeling by Dischem het oulike houtborsels en skuurders. Ek gebruik b.v. ‘n houtnaelborsel om my groente te skrop.

Omdat ek naby Johannesburg bly, het ek ‘n wonderlike plek gevind waar ek al my skoonmaakmiddels in ‘bulk’ kan koop. Die Soap Barn. Hulle is in Edenvale, en is omtrent reg langs die hoofweg. Baie toeganklik. Ek probeer om nie spesiaal net soontoe te ry nie (weens die carbon footprint), en gaan gewoonlik daar aan wanneer ons in Pretoria was, en in elk geval daar verby ry. Ek neem emmers wat hulle dan vir my agter in hul stoorkamer volmaak. Ek koop sommer 5kg per middel op ‘n slag.  Dit hou mens seker omtrent 3 maande of langer. Ek het dus geen verpakking wat ek moet herwin of weggooi nie.

Dit is egter nie vir almal moontlik om goed sonder verpakking te koop nie. Maar ek kan van een 2.5kg sak wassoda, 50 – 1.5 liter bottels wasgoedseep maak. Dit is dan een plastiese sak, in plaas van 25 bottels. Dit is nogsteeds beter, en dan is dit ook beter vir die aarde omdat dit 100% natuurlik is.

Daar is ‘n plek in Alberton waar ek 25 liter asyn in grootmaat koop. Ek betaal ‘n deposito op ‘n kan wat ek dan kan hervul.

IMG_6322

Daar is baie inligting op die internet oor waar mens goed in grootmaak kan kry. Citric acid word blykbaar in brouerye gebruik. Plekke soos Builder’s Warehouse of Makro behoort ook goed in grootmaat te verkoop.

Soos met alles moet mens holisities dink. Dit help nie ek ry spesiaal 100km om bietjie seepbestanddele op te laai en stuur dan onnodige uitlaatgasse die lug in nie. So ek koop dan baie op ‘n slag, en gaan net wanneer ek in elk geval daar verby gaan. Verpakking is ook belangrik, so vra of jy dit sonder verpakking kan kry. Wees ‘assertive’ en dring daarop aan op ‘n vriendelike manier. Hulle spaar in elk geval as jy nie hulle verpakking gebruik nie. Kyk op die pak en koop eerder dit wat in herwinbare plastiek is, as nie-herwinbare plastiek.

Wat vir my werk, werk nie noodwendig vir ander mense nie. Dit werk regtig vir ons, en ons lag al die pad bank toe. Ha ha ha!

Lys van verskaffers:

Bestanddele:

Johannesburg:

  • Soap barn: koeksoda, wassoda, sout, citric acid, boerseep, castile seep en omtrent elke seep waaraan jy kan dink. Mens kan by hulle bestel ook en dan pos hulle dit vir jou. www.soapbarn.co.za
  • Cecil Vinegar Works: asyn in grootmaat. www.vinegar.co.za/welcome/

 

Kaapstad

Gereedskap:

 

7 thoughts on “Wanneer dinge vuil raak

Leave a comment