Ons Plastiekvrye Julie

Standard

Dit is Julie. Vir ons gesin, was Julie 2017 nie sommer dieselfde as elke ander jaar nie. Dit was ‘Plastic Free July’.  Wat beteken dat ons ‘n ‘eed’ af gelê het om geen ‘single use’ plastiek te gebruik tydens die maand van Julie nie. Ons is nou al van Januarie af besig op hierdie pad na ‘Zero Waste’. Omdat ons baie op die toer, is dit veral ‘n uitdagende taak! Maar dit was so goed vir ons, omdat dit ons forseer het om te beplan, en nee te sê, en regtig te dink voordat ons sommer net iets gekoop het. Ons het dit nie noodwendig 100% reg gekry nie. Maar 99% meer as Mei en Junie. Ek kan my oortreedinge op een hand tel.

Die probleem met plastiek is die volgende: Ja jy kan dit herwin (nie alle plastiek nie), maar wanneer dit een keer herwin word. word dit dalk weer plastiek en kan dálk weer herwin word, indien nie word dit verander in polyester, waarvan baie klere gemaak word, maar polyester is nie herwinbaar nie. Dus is die enigste eindbestemming van plastiek, die ashoop. Of dit nou herwin word of nie.

Die zero waste pad is baie makliker as wat ek aanvanklik gedink het, en met ‘n bietjie beplanning en voorbereiding het ons hierdie maand vêr gekom. Wanneer ons iewers heen ry, of dit net vinnig dorp toe is (ons bly op ‘n plaas 20km van die naaste dorp), en of ons vir 3 weke weg gaan, pak ons die volgende in:

  • Twee vlekvryestaal strooitjies (met ‘n strooitjie skoonmaker)
  • Twee vurke, messe, en teelepels
  • ‘n Paar lap servette
  • Een of twee glas bottels
  • ‘n Waterbottel, vol water
  • ‘n Kosblik
  • ‘n Vadoek
  • Katoen/ ander herbruikbare inkopiesakke
  • Twee herbruikbare koffiekoppies (ons s’n is van ecosoulife en is bioafbreekbaar)
  • ‘n Paar klein tuisgemaakte lap sakkies.
  • ‘n lappie en spuitbotteltjie met water.

photo_2017-07-21_16-39-11

Ons eet gereeld uit omdat ons meeste van die tyd uitstedig is. Suid Afrikaanse porsies is altyd so groot, en om te voorkom dat ons ‘n polystyrene bakkie met ons oorskied kos huis toe neem, skep ek die oorskied in die kosblik of glas bottel om later te eet.

Ons drink baie wegneem koffie. Daarom het ons altyd ons koffiebekers byderhand.  Niemand het ooit ‘n probleem om vir ons ‘n cappuccino of flat white daarin te maak nie. Ons was dan die koppie net weer by die huis, en pak dit dan weer in ons ‘Zero Waste Sak’. Op die pad, spoel ons dit vinnig uit vir ‘n tweede koppie, sommige plekke is vriendelik en spoel dit sommer vir ons uit! Ons is baie baie lief vir koffie, en kan nie daarsonder nie.  Ongelukkig word moer koffie en koffiebone in onherwinbare verpakking verkoop. Ons koop op die oomblik bone by Carl’s Coffee in Rietondale. Hulle weeg dit en sit dit sommer in ons eie bottels of sakkies. Party Woolworths winkels het ook nou koffie bone wat jy self kan weeg en verpak! Just Darling in Mall of the South buite Alberton, het ook koffie bone, sonder verpakking, beskikbaar.

photo_2017-07-21_16-43-34.jpg

photo_2017-07-21_16-51-16

Ek weier altyd die plastiekstrooitjie en vra sommer, wanneer ek iets bestel, dat hulle nie ‘n strooitjie bring nie. Sommige mense doen mens  ‘n ‘guns’ en maak die strooitjie oop, en sit dit reeds in jou drankie, daaroom vra ek (wanneer ek onthou) dat hulle nie ‘n strooitjie bring nie. Dit ontlok altyd ‘n lekker gesprek wanneer ons dan ons vlekvrye strooitjies uithaal. Ek dink meer restaurante kan dit gebruik!

Die messe en vurke is natuurlik sodat ek nie ‘n plastiek vurk of mes moet gebruik nie. Baie mense het ‘n spork (lepelvurk), wat nog minder plek neem!

‘n Waterbottel is baie belangrik om plastiekwaterbottels te vermy, want mens kan nie sonder water nie. Wanneer my bottel leeg is maak ek dit sommer by ‘n restaurant vol.

Wanneer ek ‘n ‘burger’ of ‘toebroodjie’ bestel om weg te neem, by b.v. Steers, gee ek sommer ‘n vadoek, hulle draai dit vir my daarin toe en ek was net die vadoek by die huis. ‘n Kosblik werk ook baie goed! Hulle vind dit altyd baie snaaks, en almal in die kombuis kyk gewoonlik deur die venstertjie om te sien wie hierdie vreemde bestelling geplaas het. As mense vra hoekom, sê ek sommer net dat ek nie ‘n asblik het nie. Ek het selfs vandag sushi in my eie kosblik bestel (sonder die soya sous bakkie)!

photo_2017-07-21_16-43-56

Die lappie en spuitbotteltjie gebruik ek om ‘wet wipes’ te vermy. Al is daar baie bioafbreekbare ‘wet wipes’ op die mark deesdae, is die verpakking waarin dit kom nie bioafreekbaar nie.

Wanneer ek gaan inkopies doen, gaan ek meeste van die tyd Food Lover’s Market toe. Dit is die hemel van Zero Waste. Jy kan darem redelik vêr kom by die ander superkmarkte.  Ek begin by die ‘bulk’ neute, en droeë vrugte wat jy vir jouself kan weeg. Die vrou by die skaal ‘tare’ een van my klein lapsakkies, sodat ek nie vir die gewig van die sakkie betaal nie, ek skep dit dan vol dadels, of neute, sy weeg dit, en plak sommer die plakker op die sakkie. Dan loop ek deur die vars vrugte en groente, en kyk net na dit wat ek sonder verpakking kan koop, en ek belowe die verskydenheid is legio. As ek nie hierdie week wortels sonder plastiek kry nie, vat ek iets anders en kry dan volgende week wortels. Meeste goed, soos vrugte, aartappels, en uie, is altyd sonder verpakking beskikbaar. Ek pak alles net so los in die trollie, vrugte, groente, alles. Wanneer ek dan by die toonbank kom, weeg hulle dit sommer so los, en pak dan alles in een van my katoen inkopiesakke. Ek kies altyd ‘free range’ eiers wat net in kartondosies is, sonder plastiek. Ek koop botter wat in waspapier toegedraai is, omdat die waspapier komposteerbaar is. As ek die dag brood koop, sit ek dit sommer in my eie lapsakkie.

photo_2017-07-21_16-42-43

Ek vind dat ek ook dan net die hoeveelheid koop wat ek daardie week nodig het. So gooi ek minder kos in die asblik. En spaar ek ook geld. Wanneer jy kos in die asblik gooi, gooi jy eintlik jou geld in die asblik.

Ek kies ook altyd eers glas-, metaal-, en papierverpakking voor ek plastiek kies. Wanneer ek dan wel iets in plastiekverpakking koop, maak ek seker dat dit herwinbare plastiek is. Nie alle plastiek is herwinbaar nie. Ek sal bietjie ‘n post daaroor skryf.

Suiwel produkte is die grootste probleem! Melk is of in tetrapak, of in ‘n plastiekbottel. Kaas is altyd in plastiek toegedraai, joghurt is altyd in plastiek, karringmelk ook. Ons is gelukkig om naby ‘n melkplaas te bly, so ek gaan haal rou melk in my eie glasbottels. Ek poog nog om joghurt te maak, maar ek het nog nie daarby uitgekom nie. Maar dit is natuurlik nie vir almal moontlik om melk te koop van die plaas af nie, veral nie wanneer jy in die stad bly nie. Daar is natuurlik plekke soos Irene melkplaas in Pretoria, of die Somer melkery winkel in Waverly, maar daar is min.  Ek kry ook my kaas by ‘n plaaslike deli (Old School Deli, by die Eye of Africa Estate) of by ‘n plaaslike mark (The Art Farm).

Net so terloops, indien jy in Pretoria bly, is die Silverton boeremark jou beste vriend as dit kom by Zero Waste! Jy kan selfs sampioene daar koop sonder verpakking!

photo_2017-07-21_16-43-53

Vleis is ook ‘n probleem. Nie om dit te koop nie, want jy kan ook ‘n kosblik daarvoor gee by ‘n slaggery i.p.v. ‘n plastieksakkie, maar die vriesproses het ek nog nie bemeester nie. Ek het al opgelees, en ek beplan om dit binne die volgende maand te probeer.

Ek voel egter as jy op al die ander maniere kan sny op die hoeveelheid verpakking wat jy gebruik, kan jy jouself maar die melkbottel, of joghurt houer vergewe.

Ek is ‘n alles of niks mens, en ek is baie  ‘hard op myself’ (ek dink dis ‘n anglisisme) wanneer ek my reëls oor verpakking breek. En dit gebeur gereeld. Maar die hoeveelheid rommel wat ons ashoop toe stuur elke week het amper verdwyn. Ons het een klein asblik daarvoor, en hy is nogsteeds nie vol nie (ek het hom in Mei laas leeg gemaak) – dit is ‘n droeë asblik, moenie bekommer nie. Kos gaan elders. Daaroor sal ek nog skryf.

Ek voel soveel keer of ek verloor, of vra myself hoekom ek dit doen, as niemand anders doen nie.

Ek moes besef dat daar balans moet wees, dat die punt nie perfeksie is nie. Die punt is om te probeer. As elke persoon in Suid Afrika hul rommel met 10% verminder, is dit ‘n moerse verskil. En al doen niemand ook niks, sal ek steeds aanhou.

Ek het altyd goed gevoel wanneer ek my goedjies in die asblik gooi en nie op die grond nie, maar toe ek besef dat die ashooprommel nêrens heen kan gaan nie, en ook maar in die lug rond waai, of in die rivier af dryf, dat my rommel in die rivier af dryf, toe besef ek dat ék iets moet doen. Hierdie is my iets. ‘n Sandkorrel.  ‘n Druppel in ‘n emmer. Sal jy jou druppel by sit? Dan maak ons saam die emmer vol.

Waar kan jy dit koop?

  • Ons vlekvryestaal strooitjies is van Ecojarz, en kan deur Faithful to Nature bestel word. Mens kry ook glasstrooitjies. Ek hou nie van plastiek nie. Maar daar is ook goedkoop herbruikbare strooitjies by b.v. Westpak te koop, wat ‘n baie goedkoper opsie is. Mens sal dit egter op ‘n stadium moet vervang, wat die staal strooitjies ‘n beter opsie maak. 
  • Herbruikbare koffiekoppies is van Ecosoulife, dit was beskikbaar by Cape Union Mart, maar ek het dit lanklaas daar gesien. Daar is egter ander beskikbaar by Ecoffeecup of by Faithful to Nature. Dit is nie nodig om ‘n spesiale koffie koppie te hê nie. Enige herbruikbare koppie is beter as ‘n enkelbruikbare een. Zero Waste moenie duurder wees nie, dit moet meer bekostigbaar wees. En vir ons is dit. 
  • Ons klein lapsakkies is tuisgemaak van ou lakens en muslin kombersies. Mens kry oulikes by Faithful to Nature, indien jy nie handig is met ‘n naaldwerkmasjien nie.
  • Die spuitbotteltjie is metaal, en is teen ‘n appel en ‘n ui by Dischem te koop. Vind dit by die hare-afdeling.

 

Advertisements

11 thoughts on “Ons Plastiekvrye Julie

  1. Ek salueer jou! Die huisopsit in Jongensfontein het my weereens so bewus gemaak van al die verpakkinsmateriaal wat saam met linne en toestelle kom! Dis skrikwekkend!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s