Rommel, die euwel van die mensdom!

Standard

Ek wens soms ek het in ‘n tyd gelewe voor plastiek, voordat alles weggooibaar was en waar mense nog eienaars was van hul besittings. Waar mense minimalisties gelewe het en waar ons waarlik oor die aarde geheers het – as daar ooit so ‘n tyd was. 

My ouma, Agatha Alberts, ‘n skrywer in eie reg, het die volgende geskryf (ek kon dit nie beter stel nie):

Rommel, die euwel van die mensdom!

Almal is onderhewig daaraan. Lewensomstandighede is nie staties – altyd vernuwing: groter, mooier, beter of so word geredeneer. Een aspek daarvan is dat daar altyd “iemande” is wat dink, beplan, ontleed wat die beste metode is om enigiets te bemark.

Meer aantreklike (wat die oog vang), meer higiëniese verpakking vir hantering van voedsel (wat die teergevoeliges sal tevrede stel). Maar alles gaan eintlik net oor geld. Want hoe aantrekliker die verpakking hoe duurder word dieselfde inhoud, en daarna sit die kliënt met hope stukkies kleef plastiek, sakkies, plastiese houertjes, tinfoelie houers wat argeloos in vullisdromme, langs die paaie, in waterstrome en die see gegooi word Die oorvol vullishope is in ‘n liederlike gemors en totaal onhigiënies. Alles wat “disposable” is, is nie noodwendig “perishable” nie!

Die onus op die skouers van die mens wat die verstand en die opdrag gekry het om die AARDE in stand te hou word genegeer as “nie my verantwoordelikheid nie”. Te veel “P.T.” om jou eie afval te organiseer. Meeste artikels kan deesdae omskep word (recycling). Net so’ bietjie dink, omgee, hande uit die moue steek! ‘n Wonderlike, grootse voorreg is aan die mens toevertrou om deel te hê aan die natuur, die skepping en wat ‘n treurige gemors maak die mens daarvan. SAD!!

‘n Bietjie terug op die pad van nou en voorheen

Na die dae toe melk nog by jou voordeur in bottels afgelewer was, toe melk nog MELK was. Jy vleis kon bestel wat keurig gesny was na jou smaak en nie mooi vleis bo en minderwaardige vetvleis , om gewig op te maak, onder nie. Groente wat jy vars by die Portugese groentewinkel kon koop. Nie verpakte items – wat as jy dit nie bestudeer – jy oud en draderige, of smakelose vrugte wat te groen afgepluk is en op die rak moet ryp word, kry nie. Vrugtebome in jou eie agterplaas sodat jy jou eie konfyt kon kook, vrugte in bottels kon inlê, nie reuse swembaddens wat selde gebruik word nie. Meel in sakkies waarvan die sakkies uitgekook word om weer in vadoeke of selfs kledingstukke omskep kon word. Allerhande ander vaardighede wat totaal uitgesterf het. Die mens het eenvoudig te gemaklik geword en nie juis gesteld op kwaliteit nie. Hoe vinniger hoe beter is die motto.

Alles baie eenvoudig, nie bolangse glans, en nie met deesdae se peperduur pryse wat jou laat steier en aanhoudend noop om items op jou lysie te skrap. Miskien eenvoudige gedagtes “but very wholesome”.

Deur Agatha Alberts (86)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s