Suster

Standard

Die wag by die sekuriteitskompleks kom staan langs my kar. ‘n Groot, swart man in sy vroeë veertigs.

“Hallo suster”, groet hy my.

Gereeld word ek gegroet deur vreemdelinge: soms as “my friend”, soms as “mevrou” en deesdae, tot my verafskuwing, as “tannie”. Maar nie dié keer nie. Dié keer word ek gegroet as “suster”.

Ek glimlag. Hy sê “suster” maar hy sê eintlik soveel meer.
Hy sê: “Ons kan mekaar nie kies nie, maar ons moet mekaar verdra, probeer liefhê, al verskil ons gereeld”.
Hy sê: “Ons kom van dieselfde herkoms, ons het dieselfde moeder”.
Hy sê: “Ons bloed is dieselfde”.
Hy sê: “Ons is familie”.

“Totsiens”, groet ek hom terwyl ek dink dat dit waaragtig nou tyd is om my Zulu te verbeter.

Ek ry, en besef my hart is skielik warm. “Daar is hoop”, dink ek. Ek glimlag.
Hy’t gesê “suster”.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s